2026-09-08 19:04 UTC
Dink jy ons kan in die kar klim
En net soos ry
Verby Bethlehem verby Bloem
Die wiele in die stof druk
Want wie kort die hoofweg?
Is die Karoo in blom
Wie se plaas
Is plate geel of purper?
Kom ons sien
Hoe lyk belofte
Is daar 'n windpomp
Ontnugter deur storms
Verstar in oortolligheid?
Wie se skape
Skuts mekaar vir die hemelsuitbraak
Te midde van dorings
Te midde van blitse
Dit was net maar op pad
Colesberg, De Aar, Lutzville
Dalk na beloofde Keetmanshoop
Replies (0)
No replies.